Bestanddele:
- 12 lam nek skywe (2cm dik)
- 2 x 50g tamatie puree
- 30ml mostert
- 30ml sout
- 30ml peper
- 30ml koljander
- Gemmer en knoffel na smaak
- 750ml rooiwyn
- 1 bossie seldery
- 1 bossie wortels geskil & in blokkies gesny
- 6 middelslag uie, opgesny
- 1kop. koekmeel
- Olie vir braai
- 500g dadels & dedroogde appelkose
- 2kg aartappels, geskil & in blokkies gesny
- 1lt sterk getrekte OUHUIS® Buchu & Rooibos mengsel
- 1lt bees aftreksel
Aanwysings:
- Geur lam nek met mosterd, sout, peper, koljander & smeer met olie
- Braai lam nek in ‘n gietyster pot tot goed gebraai
- Ontglans pot met halwe bottel rooiwyn. Haal vleis uit pot
- Braai die uie, seldery, wortels, gemmer en knoffel in die pot waarin die vleis was.
- Voeg tamatie pasta, koekmeel en ontglans met die res van die rooiwyn.
- Voeg die vleis weer terug in die pot, voeg OUHUIS® Buchu & Rooibos mengsel, bees aftreksel, aartappels & droë vrugte by.
- Kook vir 2.5 – 3 ure totdat groente & vleis sag is – garneer volgens smaak.
- Bedien warm op rys en groente, sout en peper na smaak.
Bedien 12 porsies
Shop Rooibos Products






